VSA waarsku teen Sjinese invloed

Minister Mike Pompeo

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het met dy pas afgelope besoek aan twee Balkan state, waarskuwings gerig oor die invloed van kommunistiese Sjina.

Minister Pompeo het Noord-Masedonië en Montenegro besoek en ure lange samesprekings gevoer met die leiers en gewys op die gevaar van Sjinese beleggings in die tegnologie, sowel as Sjina se groot infrastruktuur projekte wat vir menige regering aanloklik gelyk het.

Pompeo het ook geleentheid gehad om ’n toespraak te lewer tydens ’n nuus konferensie saam met Montenegro se premier, Dusko Markovic.

Die Amerikaner het nie gehuiwer om die besonderhede te gee oor die risiko’s verbonde aan Sjinese beleggings in sensitiewe tegnologiese velde waarmee die kommunistiese invloede ruim geleentheid het om denke te verander.