VSA verlig spanning in Afrika

Die konflik tussen Ethiopië en Egipte kan ’n gevaarlike vlak bereik wat die VSA laat toetree het om die spanning te verlig en oplossings te vind vir die twee lande se probleem.

Egipte het die Amerikaanse uitnodiging aanvaar vir ’n ontmoeting met die Minister van Buitelandse Sake oor die reuse hidro-elektriese dam projek wat in die Ethiopië Blou Nyl opgerig word maar wat tot groot spanning lei tussen die twee Afrika lande.

Die ontmoeting tussen die twee lande se Ministers van Buitelandse Sake, tesame met die eweknie van die Soedan, wat almal geraak word deur die projek, sal binnekort in Washington bymekaar kom onder leiding van die Trump administrasie se senior senatore.

Egipte het die uitnodiging dadelik aanvaar om gesprek te voer oor die “Grand Ethiopian Renaissance Dam” wat grens aan Egipte, Soedan en Ethiopië, want hy is bekommerd dat die dam beperking veroorsaak op die normale vloei van die Nyl se water waarop Egipte totaal afhanklik is.