VSA verkoop wapentuig aan Oekraïne

Die Amerikaanse regering het goedkeuring gegee vir die lewering van 150 moderne anti-tenk wapentuig aan die Oekraïne.

Die Javelin anti-tenk toerusting word beskou as van die wereld se mees doeltreffende verdedigings toerusting teen vyandelike tenks.

Die transaksie van meer as $39 miljoen sluit ondermeer ook kontrole en lanserings eenhede in, asook opleiding sowel as dienslewering vorm deel van die transaksie.

Die Javelin is ’n draagbare missiel wat outomaties afpyl op die gestelde teiken soos ’n oorlogstenk, is nie net akkuraat nie, maar ook ’n kragtige wapen.

Die wapen is ook bekend daarvoor dat dit oor lang afstande gebruik kan word en steeds hoogs doeltreffend bly.

President Volodymyr Selenskyj, wat die nuwe regeringshoof van die Oekraine is, geniet die steun van die VSA, en kon daarin slaag om die wapentuig te bekom nadat die vorige regering se versoeke om wapentuig te koop, van die hand gewys is.