VSA troepe bly in Sirië

Di Verenigde State van Amerika is daartoe verbind om sy militêre mag se posisie in Sirië te handhaaf met bykomende bronne om te voorkom dat die gebied oorgeneem word deur die Islamitiese Staat terroriste.

Die standpunt is deur die VSA se Verdedigingsmag gestel in ’n amptelike verklaring, alhoewel dit bots met vroeëre verklarings waarin gesê is dat die VSA sy troepe onttrek uit Sirië.

Die woordvoerder het ook nie openbaar gemaak watter soort bronne aangewend sal word teen die IS terroriste nie.

Meningsvormers oordeel dat die Amerikaanse Pentagon nie ’n volle onttrekking van troepe gaan begin nie, en wel nuwe toerusting na die gebied sal neem om terrorisme te beveg.