VSA-Sjina ooreenkoms dalk onderteken

Die verwagtinge dat ’n ooreenkoms tussen Sjina en Amerika bereik kan word binne enkele ure van nou af, het wêreld ekonome optimisties gemaak en sê dit kan ’n positiewe groei beteken.

President Donald Trump ht aan die media gesê die ondertekening van ’n ooreenkoms is positief em behoort Vrydag te gebeur.

Die nuus kom enkele weke nadat die twee lande met onderhandelings begin het wat aanvanklik stram en sukkelend begin het.

Kenners meen die ondertekening van ’n Fase 1 ooreenkoms kan lei tot verdere onderhandelings om ’n Fase 2 te bereik, maar is dit eens dat die eerste ooreenkoms nie ’n groot uitwerking op die wêreldwye handel sal toon nie.