VSA: Sanders stop verkiesingsveldtog

Bernie Sanders

Die Demokratiese Party van Amerika se sosialistiese presidentskandidaat, Bernie Sanders, moes sy verkiesingsveldtog beëindig nadat hy in die hospitaal opgeneem is.

Sander het gekla van pyn in die bors, en is inderhaas gehospitaliseer en toetse is uitgevoer, maar sal glo sy veldtog kan hervat na ’n paar dae van nodige rus.

Die tydelike onderbreking van die veldtog is deur sy veldtog adviseur, Jeff Weaver, bekend gemaak en bygevoeg dat die senator reeds herstel het maar ’n paar dae se rus nodig het na die strawwe veldtog van die afgelope weke.

Sanders was ook presidentskandidaat wat met alles tot sy beskikking gewerk het om beter te vaar as Hillary Clinton, met die oog om die 2016 presidentsverkiesing te wen, maar sy vêr linkse standpunte het hom ook laat verloor teen Clinton.

Die 78-jarige sosialis is gewild onder die jonger geslag Amerikaanse kiesers wat hulle skaar by die linkse Demokratiese party.