VSA: Sanders ontslaan na hartaanval

Die Demokratiese Party van Amerika se sosialistiese kandidaat, Bernie Sanders, is ontslaan uit die hospitaal na hy behandeling ontvang het vir ’n ligte hartaanval.

Peilings toon dat Sanders een van die voorlopers onder die sowat 18 presidentskandidate van die linkse Demokratiese Party is, maar kiesers glo noudat dit onverstandig sal wees om hom te probeer kies vir die amp as president.

Die 78-harige self erkende sosialis geniet steun onder die jonger kiesers in die Demokratiese kamp, maar die jongste terugslag gaan beslis teen hom tel, wat die voormalige visepresident onder die Obama bewind se kanse versterk.