VSA: Republikeine ontwrig ondersoek

Republikeine het in woede opgetree teen die Demokratiese lede wat besig is met die proses om President Donald Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas, het tot wetsoortreding en aggressie gelei.

Die Demokrate wat agter geslote deure moes vergader om getuienis aan te hoor van ’n senior lid van die Pentagon oor die president se skakeling met die president van die Oekraïne, is ontwrig deur die Republikeine.

Die ondervraging waarby geeneen toegelaat word behalwe die ondersoek komitee nie, is skielik ontwrig toe ’n dertigtal Republikeine die vertrek ingestorm en geëis het dat die ondersoek meer deursigtig moet wees.

Die Republikeine, wat almal sterk ondersteuners is van President Donald Trump, het die verrigtinge vir etlike ure ontwrig deur te weier om die vertrek te verlaat sodat die ondervraging hervat kan word.

Die verhoor is in ’n vertrek gevoer wat meeluistering onmoontlik maak, en die reël van die Amerikaanse Kongres bepaal dat dit ’n oortreding is om die vertrek waarin die ondervraging gehou word, te betree sonder vooraf toestemming.

Later is vasgestel dat alle lede van die Huis van Verteenwoordigers wel by magte is om die ondervraging by te woon.