VSA oorweeg stappe teen Sjinese firmas

Die Amerikaanse Wit Huis dreig om beperkings in te stel op Sjinese firmas wat in die VSA gesetel is en op die aandele mark genoteer is.

Die optrede word oorweeg terwyl onderhandelings sloer met die beeindiging van die handelsoorlog wat nou reeds maande duur tussen die twee lande.

Die oorweging van so ’n moontlikheid teen Sjinese firmas het die Nasdaq tot sy laagste vlak in twee maande laat daal, nadat dit bekend geword het het dat die Sjinese firmas van die VSA aandelebeurs verwyder gaan word.

Kenners wys daarop dat dit ook ’n metode van die president is om Amerikaanse beleggers te ontmoedig om beleggings te maak in Sjinese maatskappye.

Die moontlikheid wat oorweeg word, het die spanning tussen die twee lande verder verhoog, en Beijing se kanse benadeel op ’n beter groeikoers.