VSA handhaaf sanksies teen Turkye

Senator Lindsey Graham

Parlementslede van die Republikeine in die VSA is ernstig begaan oor die optrede van Turkye wat die Koerdiese stellings aangeval en baie inwoners gedood het.

Selfs die linkse Demokrate stem saam dat die beoogde sanksies teen Turkye gehandhaaf moet word, afgesien daarvan dat die Turkse president Erdogon ingestem het tot ’n vyf dag skietstilstand.

Senator Lindsey Graham en die Demokrate se Chris van Hollen het aangekondig dat hulle wil toesien dat die sanksies teen Turkye voortgaan.

Sanksies wat beoog is sluit ondermeer in dat Turkse politici ingeperk word, dat die VSA se samewerking bied om sanksies ook van toepassing gemaak word teen Turkye wat ’n Russiese S-400 missiel verdediging stelsel aangekoop het.