VSA en Taliban weer in onderhandelings

Minister Mark Esper

Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Mark Esper, het in Afghanistan aangekom gedurende die naweek met die verwagting om die onderhandelings oor vrede in die land te hervat met die Taliban.

Dit volg nadat President Donald Trump die onderhandelings met die Taliban gestaak het weens die organisasie se optrede teen burgerlikes.

Die VSA probeer reeds etlike maande lank om met die Taliban terreurgroep te onderhandel om die oorlog wat reeds 8 jaar duur in Afghanistan, beëindig te kry.

Talle vrae het ontstaan oor wat die VSA se oogmerke is in die oorlog geteisterde land nadat hy vroeër uit die onderhandelings onttrek het, en nou weer gewillig is om die samesprekings te hervat.