VSA en Noord-Korea onderhandelings misluk

 Die twee werkgroepe van top diplomate uit Amerika en Noord-Korea kon nie tot ’n ooreenkoms kom nie, en het die gespek gestaak wat in Swede plaasgevind het.

Die hoof onderhandelaar van die Skiereiland het gesê die gesprek het nie aan die verwagtinge van sy span voldoen nie.

Kim Myong Gil het met die media ’n onderhoud gehad by Noord-Korea se ambassade in Stockholm, nadat die onderhandelings kwalik meer as een dag geduur het.

Verlede week het Noord-Korea bevestig dat hy verdere toetse gedoen en ’n ballistiese missiel suksesvol gelanseer het.

Die mislukking in onderhandelings is vroeër deur bekende politieke ontleders voorspel wat gesê het die onderhandelings met die kommunistiese regering van Noord-Korea is ’n verkwisting van tyd en geld omdat die land ’n bewese rekord het van onbetroubaarheid.