VSA beveilig Siriese olievelde

Die Trump administrasie het klaarblyklik geswig voor die druk om sy troepe uit Sirië te onttrek, en het daarna geslaag om die dood van die Islamitiese Staat se leier op te vang.

Die Wit Huis het daarna gewaarsku dat groepe dit nie moet waag om die VSA magte aan te val nie, want hulle sal met “die oordonderende militêre slaankrag” begroet word.

Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Mark Esper, het gesê die VSA se troepemag sal in Sirieq aanbly vir die tyd wat voorlê, wat volgend waarnemers ’n totale ommekeer is van wat ’n week gelede aangekondig is.

 Intussen het militêre deskundiges gewaarsku dat die dood van die Islamitiese leier nie beteken dat die terroristegroep verslaan is nie, en alhoewel die VSA hernude aanvalle op hulle baisse uitvoer, sal die IS magte hergroepeer en ’n nuwe leier sal binnekort aangestel word om die terreur in Sirië voort te sit.   

Die Pentagon het aangekondig dat die Siriese olievelde beveilig word teen moontlike aanvalle van die terroriste, en gewaarsku dat enige poging om die VSA aan te val met “volle krag” verpletter sal word.