VN sit sonder geld

Antonio Guterres

Die ganse wêreld het met ’n skok verneem dat die verenigde Nasies sonder geld is, en menige het ’n sug van verligting gegee toe verneem is dat daar wel genoeg geld sal wees om November se salarisse te betaal.

Die aankondiging is die afgelope naweek deur die Sekretaris-Generaal, Antonio Guterres gemaak en gesê die VN het ’n ernstige tekort aan fondse.

Farhan Haq, die woordvoerder van die Verenigde Nasies, het nie bekendgemaak hoeveel lande wel hulle volle verpligting nagekom het nie, en het ook nie gesê hoeveel geld die afgelope week ontvang is na ’n ernstige beroep op lande gedoen is om hulle verpligtinge na te kom.

Hy sê daar kom wel geld in wat dit laat lyk asof alle finansiële verpligtinge vir November nagekom kan word, maar ingeligte bronne sê die VN se uitstaande rekeninge is veel groter as wat bekendgemaak sal word.

Die VN het later gesê die agterstallige bedrag beloop sowat R1.4 miljard, wat gemaklik die verpligtinge van die organisasie kan dek.