VN kies Venezuela onder applous

Tot groot frustrasie van Amerika het die lede van die Algemene Vergadering ten gunste van Venezuela gestem as lid van die VN se Menseregte Raad.

Die omstrede regering van Venezuela het egter nie die lede van die VN afgeskrik nie, en 105 lande het ten gunste van Venezuela gestem.

Tydens die bekendmaking van die uitslae, het ’n koor van applous losgebars terwyl regerings wat saam met die VSA teen die benoeming gestem het, moes sien hoe hulle kandidaat van Costa Rica die onderspit delf.

Selfs die skitterende toespraak van die president van Costa Rica twee weke gelede, het nie genoeg indruk gemaak sodat lede vir sy land se verteenwoordiger stem nie.

Die stemming van 105 lede ten gunste van Venezuela, het ’n gevaarsein gestuur dat die lande wat teen Venezuela gestem het, ’n groot minderheid toon, aangesien 193 lande aan die stemming deelgeneem het.