Verstommende Nigeriese wreedheid met kinders

Meer as 300 seunskinders en jong mans, waarvan sommige so jonk as vyf jaar en baie in kettings geboei, is die week gered uit ’n gebou waar hulle aangehou is.

Die gebou wat op die oog af ’n skool is vir Islamitiese leerlinge, is in die noorde van Nigerië deur die polisie besoek en is die mense wat in haglike toestande aangehou is, bevry.

Van die aangehoudenes is in kettings vas wat om hulle bene vasgemaak is, en gekoppel is aan swaar metaal wiele om te verseker dat hulle nie kan ontsnap nie.

Die aangehoudenes se ouderdomme wissel van 5 jaar tot 19 jaar, en van hulle het so min energie dat hulle nie meer in staat was om sonder steun te loop nie.

Sommige is weg uit hulle geboorteland, en verskeie kom van Ghana en Mali, maar die grootste aantal in Nigeriërs.

Die polisie vermoed hulle word aangehou en as slawe verkoop, maar ondersoeke het nog geen bewyse is al na vore gebring nie.

Meer as 40,000 mense is in die land ontwrig weens gewelddadige gevegte, en honderd kinders word ernstig deur die gewld geraak wat hoofsaaklik in die noord ondervind word.