Venezuela kry lening vir ontwikkeling

Juan Guaido

Die Latyns Amerikaanse Ontwikkelingsbank het ’n lening van $400 miljoen toegestaan aan Venezuela, maar beklemtoon dat die land se president, Nicolas Maduro, nie beheer oor die fondse en ontwikkelings sal kry nie.

Die Ontwikkelingsbank het ’n duidelike vereiste gestel dat die Maduro-regering nie die administrasie van die lening sal behartig nie.

Die inligting is deur die leier van die opposisie, Juan Guaido in ’n verklaring bekendgemaak en gesê die fondse is bedoel om die uitwerking van die lang resessie van vyf jaar teen te werk.

Venezuela se ekonomiese, politieke en maatskaplike krisisse het reeds tot gevolg dat ’n paar miljoen mense die land verlaat het om elders ’n heenkome te vind.