Vakbond se voortbestaan in weegskaal

Die swart vakbond Food and Allied Workers Union (Fawu), se voortbestaan word bedreig nadat ’n multi-miljoen rand skandaal oopgevlek is.

Die moontlikheid bestaan noudat die vakbond verplig kan word om te deregistreer weens die beweerde swak bestuur en geen korporatiewe regeer stelsel toegepas is nie.

Die vakbond, wat as die tweede grootste geaffilieerde lid van Saftu is, het glo sy sekretaris, Katishi Masemola, afgedank omdat die beampte betrokke kon wees by ’n R19 miljoen afskrywing van ’n belegging by Basebenzi Investment Group.

Die afdanking is egter voorafgegaan deur ’n hewige interne stryd oor diegene wat hom steun, en die ander wat sy afdanking geëis het.