Twee polisiemanne skiet twee kollegas

Twee polisiebeamptes wat probeer het om te voorkom dat twee kollegas ’n poskantoor in Greytown, Natal, beroof, was verplig om op die twee skurke los te brand.

Waarskuwingskote is afgevuur voor die twee polisiebeamptes elkeen ’n doodskoot toegedien is voor hulle die rooftog kon uitvoer.

Die twee aan-diens polisiebeamptes het ’n wenk ontvang dat ’n rooftog by die poskantoor uitgevoer gaan word, en twee lede van die Valke eenheid het hulle daarheen gehaas om die rooftog te voorkom.

Die polisie wou eers die skurke se polisievoertuig buite aksie stel, maar ’n koeëlreën het hulle begroet, en moes noodgedwonge die vuur beantwoord.

Die vermoede bestaan dat die twee oorledenes verantwoordelik is vir die reeks huis inbrake wat die dorp die afgelope maande geteister het.