Turkye verskerp aanvalle op Koerde

Ten spyte van waarskuwings dat Turkye sy aanvalle op die Koerdiese bevolking moet staak, is die aanvalle verskerp en het die oorblyfsel van die Islamitiese Staat terroriste ook op die Koerde toegeslaan.

Die Amerikaanse regering het gesê swaar sanksies sal teen Turkye ingestel word en Europese lande soos Frankryk, Duitsland en Brittanje het Turkye veroordeel en gevra om sy aanvalle te stop.

Die aanvalle op Koerdiese magte kom nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, aangekondig het dat hy die VSA troepe gaan onttrek uit die noorde van Sirië.

Die aanvalle wat ook deur die IS terroriste gevoer word, is uit weerwraak nadat die Koerde onder leiding van die VSA, die groep se groot weermag vernietig het.

Die Koerdiese mag het die noordelike streek van Sirië verower wat deur die IS terroriste beheer was, en hulle woordvoerder sê die optrede van Turkye kan daartoe lei dat die IS-terroriste weer beheer oorneem van die gebied.

Bykans 300 Koerde is gedood in die afgelope paar dae se aanvalle deur Turkye, en met die verskerping van hul strategie kan die sterftes verder verhoog.