Turkye swig onder VSA druk

Turkye het ten spyte van sy vorige verklaring dat niks hom sal beweeg om aanvalle op Koerdiese stellings te staak, nou aangekondig dat ’n vyf dag skietstilstand toegepas sal word.

Die afwyking volg nadat visepresident Mike Pence ’n lang gesprek gevoer het met die Turkse president Erdogan.

Die skietstilstand is ingestel om die Koerdiese magte geleentheid te gee om te onttrek van die sogenaamde “veiligheid sone” wat Turkye nou wil beset.

President Tayyip Erdogan van Turkye het vroeër gesê hy sal nie gehoor gee aan enige oproep om sy aanvalle op die Koerde te stop nie, maar kenners beweer dat die Amerikaanse visepresident Pence soveel druk op hom gesit het dat hy wel ingestem het tot ’n skietstilstand.

Dit was aanvanklik onduidelik of die Koerdiese leiers van die Siriese Demokratiese Mag bereid sou wees om te onttrek uit die gebied en toe te laat dat die Turkse magte beheer neem oor die gebied.