Turkye oortree in Ciprus gebiedswaters

Spanning is aan die oplaai tussen die regerings van Turkye en Ciprus nadat die land die Turke daarvan beskuldig het dat hulle onwettig in sy gebiedswaters is met ’n skip wat diepsee boorwerk doen.

Die skip het in die area van Nicosia a gevaar wat aan Ciprus behoort volgens ’n lisensie wat magtiging gee om gas ontginning te doen.

Ciprus beweer dat die Turkse skip die soewereiniteit van die eiland geskend het en inbreuk maak op sy regte.

Die Turkse gas-en olieboor vaartuig wat in die suidelike seegebied van Ciprus is, verkeer glo in ’n gebied wat aan die Franse en Italiaanse maatskappye toegeken is vir verdere ontginning.

Die optrede van die Turkse skip het nou die belange van die twee lande aangetas, en kan tot ’n gevaarlike internasionale konflik situasie lei.