Turkye hou VSA bomme “gyselaar”

President Erdogan

Turkse aggressie word openbaar nadat die VSA en verskeie Europese leiers geëis het dat die Turkse Weermag sy aanvalle op die Koerde in die noorde van Sirië moet staak.

Die Turkse president Erdogan het gesê Turkye sal nie sy aanvalle stop nie, en het selfs sovêr gegaan om t sê hy hou die 50 kernbomme van die VSA “gyselaar” wat in sy land geberg word.

Die bomme word reeds jare lank by die Incirlik Lugmagbasis gestoor vir Amerika, maar die B6 Kernbomme wat ongeveer 300 kilometer weg van die Siriese grens gehou word, is nou ’n internasionale probleem aangesien Turkye ook ’n lid van Navo is.

President Recep Tayyip Erdogan van Turkye het selfs die sanksies wat die VSA teen sy land instel, geïgnoreer en gesê Turkye gaan voort met sy aanvalle op die Koerde.

Intussen het ’n magstryd ontstaan met die VSA se onttrekking van sy troepe  uit Sirië en het Rusland nou die gaping gesien om sy invloed te laat geld deur tussen die oprukkende Siriese Weermag en die Turkse infanterie te kom om  beheer uit te oefen.