Turkse aanvalle op Koerde veroordeel

Die aankondiging van die Amerikaanse president, Donald Trump, om sy land se troepe te onttrek uit die Midde-Ooste, het die Turkse regering die geleentheid gebied om aanvalle uit te voer op Koerdiese magte.

Die ingewikkelde samestellings van strydende magte in die noorde van Sirië is een van die redes waarom die Amerikaanse president sy soldate onttrek uit die gebied.

Die staatmaker Koerdiese soldate wat vir 80% van die sukses teen die Islamitiese Staat se vernietiging was, voel noudat die VSA hulle in die steek gelaat het en nou uitgelewer is aan die aggressie van Turkye.

Turkye beskou die Koerde in dieselfde lig as terroriste bewegings, en kon tot hede nie veel teen hulle uitrig nie weens Amerika se beskermende teenwoordigheid.

Trump se aankondiging dat hy die VSA soldate onttrek, en die aanvalle wat daarna deur Turkye uitgevoer is op die Koerdiese basisse, het Europese leiers laat reageer.

Verskeie lande het die VSA gemaan om nie so gou te onttrek nie, en selfs die Republikeine het hulle president verkwalik vir die stap.

Brittanje, Duitsland en Frankryk het saam met die EU waarskuwings gerig tot Turkye om nie voort te gaan met aanvalle in die noord van Sirie nie, maar omdat Turkye lid van die Navo lande is, word dit moeilik om anders as op diplomatieke vlak te werk in ’n poging om die aanvalle te staak.