Trump wil CNN dagvaar

Die regsverteenwoordigers van die Amerikaanse president, Donald Trump, asook sy verkiesings span dreig nou om die linkse televisiekanaal, CNN te dagvaar vir klaarblyklike vals, of fop inligting wat uitgesaai is.

In ’n brief aan CNN word die uitsaaier daarop gewys dat die netwerk valse inligting versprei as sou CNN ’n nuus organisasie is.

Sedert Trump se verkiesing as president het die CNN kanaal hulle verkeerde inligting voortgesit en telkens met fop berigte probeer om hom verdag voor te stel.

Dit het daartoe gelei dat die president nie ag geslaan het op CNN se verslaggewers se vrae nie en selfs by geleentheid gesê het hulle behoort nie in die Wit Huis toegelaat te word nie.