Trump soek die werklike skuldige

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het kontak gemaak met ander moondhede om die VSA se Prokureur-Generaal William Barr en die Departement van Justisie bekend te stel.

Die doel is om die Prokureur-Generaal die opening te gee om vas te stel wie die aanvanklike inisieerder was wat die president onderwerp het aan die ondersoek wat deur die voormalige FBI hoof, Robert Mueller, gedoen is saam met ’n aantal Demokrate wat in sy ondersoekspan was.

Die ondersoek wat gedoen is, kon geen bewyse vind dat die president met Rusland gekonkel het om Hillary Clinton te benadeel nie, en nou begin die Demokrate met ’n tweede poging om die president in ’n staat van beskuldiging geplaas te kry.

Politieke ontleders sê die president kan dit uiters moeilik maak vir diegene wat die onnodige ondersoek begin het na sy beweerde betrokkenheid in die Russiese inmenging met die verkiesing wat toe uiteindelik op niks uitgeloop het nie.