Trump bevestig dood van IS leier

President Donald Trump

President Donald Trump van Amerika het die afgelope naweek bevestig dat die Islamitiese Staat terroriste leier, Abu Bakr al-Baghdadi, homself om die lewe gebring het.

Dit het blykbaar plaasgevind tydens ’n aanval op die terroriste basis wat deur die VSA se spesiale taakmag uitgevoer is in Sirië.

Die dood van die terroriste leier word as ’n belangrike deurbraak gesien en kan ’n groot uitwerking hè op die stryd teen terrorisme in die land.

Baghdadi  het in die teenwoordigheid van drie van sy kinders gesterf toe hy homself met plofstof om die lewe gebring het nadat hy deur die spesiale VSA mag vasgekeer is in ’n doodloop omgewing in die noorde van Sirië.