Toeriste staan tou vir bergklim

Honderde toeriste het hulle gehaas on na die Australiese berg, Uluru, wat hulle vir ’n laaste keer mag klim nadat die owerheid ’n verbod op dié  aantrekkingskrag geplaas het.

Die owerheid het bes gegee teen die dekade lange stryd van natuurliefhebbers en die omliggende gebied se inwoners.

Die stryders het daarop gewys dat dit noodsaaklik geword het dat die bergklim verbied word, en aangevoer dat hoogstens 20% van die klimmers wel die top bereik, maar dat die omgewing erg daaronder ly.

’n Deel van die berg, wat uit soliede rots bestaan, word as Wêreld Bewaarde omgewing gelys, en die 348 meter hoë deel, bekend as Ayers Rock word deur honderde toeriste elke jaar besoek .

Die laaste keer wat mense die styl rots kon klim, was 25 Oktober, want die wetgewing is deurgevoer dat geen persoon toegelaat sal word vanaf 26 Oktober nie.