Tito se tog na mislukking

Die ANC se Minister van Finansies het getoon dat hy nie oor die kennis en kundigheid beskik om die land se ekonomiese krisis om te draai nie.

In gister se begroting het hy ’n pikdonker vooruitsig as koers aangedui.

Hy het die gestelde groeikoers van 1,5% afwaarts aangepas na 0,5%, en erken dat die land R53 miljard minder aan belasting inkomste ontvang het.

Daarbenewens wil hy te kenne gee dat staats entiteite nie langer hulp gaan ontvang van die staatskas nie, en sal hulle slegs lenings kan kry wat terugbetaalbaar is.

Ekonome sê dit is ’n foefie, want wie gaan die entiteit dwing om die terugbetaling te doen as daar nie geld is in die entiteit se bankrekening nie.

Die minister het daarop gewys dat die staatskuld meer is as die staat se inkomste, wat beteken dat die land net soos Eskom en ander entiteite van die staat, tegnies bankrot is.

Die minister was kwalik 20 minute aan die woord, toe val die Johannesburgse Beurs en verswak die Rand teenoor die ander geldeenhede, wat ’n aanduiding is dat Mboweni nie die regte snare tokkel nie.