Tito aanbieding hol en onduidelik

Minister Mboweni het ’n donker prent geskilder, maar nie so donker as wat dit moet wees nie, sê ekonome.

Graderings agentskappe kan dalk sy aanbieding verwelkom, en die markte mag dalk ietwat kop optel oor sy siening van sekere aspekte oor die groei en die skuldlas.

Maar dit eindig ook net daar, want dieselfde agentskappe en markte kan dalk negatief reageer omdat Mboweni ’n duidelike gebrek aan breër besonderhede verstrek het oor hoe al die chaos omgekeer sal word.

’n Skokkende tussentydse begroting het Suid-Afrika getref want met ’n belofte

van ’n begroting en groei wat 2% hoër is oor die volgende drie jaar soos wat agt maande gelede aan die land voorgehou is, lyk dinge nou nie net vaag en onduidelik nie, maar ook uitermatig donker en gevaarlik.

Die land se skuldlas is hemelhoog, munisipaliteite bankrot, die staat se entiteite ’n groot las op belastingbetalers se skouers, en dit alles met ’n regering wat beslis planloos is om oplossings te vind wat haalbaar en effektief is, skep nie net wantroue nie, dit wek paniek en wode.