Tifoon ruk Japan aan flarde

 Die ergste ramp wat Japan nog getref het in die afgelope 60 jaar, het die naweek gebeur toe ’n tifoon die lewens van minstens 66 mense geëis het.

Reddingswerkers is steeds besig om mense uit noodsituasies te red, en die duisende woonhuise wat beskadig is, beloop miljarde rand en sal lank neem om herstel te kry.

Duisende woonhuise en ander geboue is deur die vloedwaters oorstroom en honderde motors is weggesleur deur stormwater wat riviere se walle oorstroom het.

Die stormwind wat tot 220 km per uur gewoed het, met die gepaardgaande stortreëns het groot dele van die land in chaos gelaat terwyl meer as 24,000 woonhuise sonder elektrisiteit gelaat is.

Baie mense word nog vermis en die soektog na hulle duur voort, maar die kanse om hulle lewend te vind word al skraler.