Tientalle reik na adjunk OB pos

Kevin Malunga

Die huidige adjunk Openbare Beskermer, Kevin Malunga, se termyn verstryk binnekort, en nuwe aansoekers het reeds hulle CV ingestuur om die gesogte pos te beklee.

Tussen die groot aantal aansoekers is daar minstens 12 advokate wat hoop op die aanstelling, en dit is opvallend dat geen Afrikaanssprekende in die lang lys gevind is nie.

Die uittredende adjunk het ’n lang geskiedenis van studie by verskillende universiteite, en maak nou gereed vir ’n doktorsgraad in die Regter aan die Universiteit van Wisconsin in die VSA.

Veertien aansoekers se kwalifikasies word nie aangedui nie, wat die vermoede wek dat hulle nie sal kwalifiseer vir ’n pos waar ’n regs agtergrond noodsaaklik is nie.