Talle huise afgebrand in Australië

Minstens 30 woonhuise is geheel en al vernietig in ’n verwoestende brand waar ’n erge droogte die gebied teister.

Die droogte wat beskryf word as die ergste in die geskiedenis van Australië, het die brandbestryding bemoeilik weens ’n tekort aan water en toerusting.

Brandbestryders veg reeds dae lank teen die bosbrande wat inwoners verplig het om die gebied te verlaat en moes verneem hoe hulle woonplekke met inhoud en al deur die vlamme verteer is.

 Die New South Wales deelstaat het reeds 80,000 hektaar in die brand verloor die afgelope week, en die vooruitsigte is nie goed vir die komende week aangesien weervoorspellings niks van moontlike reën aangedui het nie.

Die brande wat op 25 plekke woed, bemoeilik ook die brandbestryders se taak, en kenners sê dit kan ’n lang seisoen van bosbrande word.