Taiwan in verset teen Sjina

President Tsai Ing-wen van Taiwan het haar land se soewereiniteit verdedig toe sy in ’n toespraak gesê het haar regering sal Taiwan se vryheid en soewereiniteit en demokrasie beskerm teen Beijing se aanhoudende druk.

Die selfregerende eiland se kiesers het in duisende byeengekom tydens die land se Nasionale Dag waar President Tsai Ing-wen haar toespraak begin het met die bekende slagspreuk van “een land twee stelsels”, bedoelende dat die selfregerende eiland wat deel is van Sjina, nie onder die Sjinese kommunisme regeer word nie.

Die slagspreuk wat ook in Hong Kong deur die pro-demokratiese aktiviste gebruik is om die boodskap te dra dat die stad nie onder die kommunistiese bestel van Sjina sal staan nie.

Alhoewel Taiwan en Hong Kong as Sjinese gebiede erken word, is dit ook die Sjinese se dilemma dat beide gebiede nie bereid is om die kommunistiese bestel te aanvaar nie.