Switserse bankiers glimlag oor Brexit

Die private bankiers van Switserland ondervind ’n skerp toename in Britse kliënte wat hulle geld en ander kosbare beleggings onttrek uit Britse banke uit vrees vir Brexit se gevolge.

In die afgelope maande het ’n aantal nuwe rekeninge geopen in Switserse banke van welgestelde Britte, het ’n senior woordvoerder van ’n Switserse bank gesê.

Die bankiers wil egter geen name van nuwe kliënte openbaar maak nie, maar ingeligte bronne reken die verskuiwings is veel groter in omvang as wat algemeen vermoed word.

Een van die groot reds is dat welvarende Britte ook bekommerd is oor die moontlikheid van ’n Arbeidersparty regering wat weer die belastinglas drasties kan verhoog.

Een belegger het glo gesê die Britte is bekommerd, maar ook bevrees dat Jeremy Corbyn se Arbeiders ’n verkiesing kan wen, en Corbyn is nie te vertrou nie, want hy glo aan die Arbeidersparty se minder gegoede ondersteuners wat moet voordeel trek uit die welvarendes se sak.