Swart uittog uit DA

Helen Zille

Met die verkiesing van Helen Zille as die DA se Federale voorsitter en die bedanking van Herman Mashaba as burgemeester van Johannesburg  het Zille die aantygings tydens ʼn radio onderhoud ontken dat sy die gemene deler is wat veroorsaak dat baie swart lede die party verlaat.

Beskuldigings dat ‘n regse kaping van die DA plaasgevind het is op sosiale media geplaas.  Dat die party nou skielik terugkeer na n sogenaamde “wit” beheer gaan nie goed af by die kiesers op straat nie. 

Politieke ontleders bereken dat die reaksie van swart lede en ondersteuners kan lei tot die totale ineenstorting van die linkse party wat tot hede daarin kon slaag om n beeld van nie-rassigheid voor te hou.