Sukkelende Kuba kry Russiese steun

Die Russiese Eerste Minister, Dmitry Medvedev, het ’n besoek van twee dae afgelê in Kuba waar hy te midde van die land se sukkel bestaan, ’n helde ontvangs in swierigheid gekry het.

Die amptelike besoek word gesien as sterk ondersteuning vir die kommunisties beheerde eiland in sy stryd om staande te bly met die geweldige druk vanaf die VSA.

Moskou het met die Eerste Minister se besoek gepoog om die handel, militêre en politieke bande te versterk terwyl Kuba en sy vêr linkse alliansie vennote, Venezuela en Nicaragua, ook onder die VSA se sanksies deurloop.

Rusland sal waarskynlik hulp verleen aan Kuba met sy brandstof krisis en sukkelende ekonomie sedert die Trump-administrasie strenger sanksies teen die Kubaanse regering ingestel het.