Suid-Korea laat Noorde in paniek

Die regering van Suid-Korea het ’n vertoning gelewer van die nuwe F-35 vegvliegtuig tydens die land se Wapen Uitstallings dag wat klaarblyklik erge ontevredenheid en paniek by die kommunistiese Noord-Korea veroorsaak het.

President Moon Jae-in van Suid-Korea se beleid van beter verhoudings met sy noordelike buurstaat het hierdeur glo skade gekry weens die kommuniste se bekommernis oor die vermoë van die F-35 vegters.

Die Suid-Koreaanse Weermag hou deurlopend vlugte met die F-35 vegvliegtuie om sy grense te bewaak en selfs te moniteer wat die noordelike staat in die mou voer.

Noord-Korea het president Moon Jae-in gekritiseer vir sy uitbreiding van wapens en die jaarlikse deelname van Suid-Korea- Amerikaanse militêre oefeninge.

Intussen gaan die kommunistiese Kim Jong-Un voort met sy land se ontwikkeling van ballistiese missiele te midde van gesprekke wat gevoer met die VSA oor die beeïndiging daarvan.