Suid-Afrika in bandeloosheid gehul

Dit is nie net plaasmoorde en bendegeweld in die Wes-Kaap wat van Suid-Afrika ’n bandelose piesangrepubliek maak nie, maar ook die daaglikse moorde wat skrikwekkende toename toon.

Daagliks word drie vroue aan die hand van hulle lewensmaat om die lewe gebring, wat betaken dat sowat 1,100 vroue jaarliks deur hulle mans vermoor word.

Wetenskaplikes skryf dit toe as ’n tendens wat soms gevind word waar mense te vroeg in die huwelik tree, en later van mekaar wil skei, en dan die kortse roete wil volg deur ’n moord te begaan.

Aktiviste beweer dat daar onder bepaalde kultuurgroepe ’n mening bestaan dat hulle hoër geag word na mate hulle meer vroue om die lewe gebring het.

Suid-Afrika is tans een van die wêreld se mees moorddadige samelewings met soveel as 57 moorde per dag, en deskundiges reken die syfer kan nog styg weens die swak ekonomiese toestande.

Kenners sê die land het nie net sy menslikheid verloor nie, maar het ook ’n land van barbaarse neigings geword wat afstuur op totale selfvernietiging.