Stryd tussen Eskom en Deloitte

Eskom het nou beskuldigings ingebring teen die oudit firma Deloitte dat meer as R60 miljoen betaal is aan die firma vir slegs twee weke se werk. 

Die werk het ook twee korrupte kontrakte ingesluit.  Eskom poog om R207 miljoen te verhaal van Deloitte Consulting. 

Deloitte ontken die bewerings en beveg die saak in die hof.  McKinsey is voorheen deur Eskom aangegee vir ‘n skaduagtige transaksie van R1,6 miljard rondom die Trillain groep.

Of die paar miljoen Rand wat die kragvoorsiener kan bekom, enige verskil kan maak aan sy bankrot status, word betwyfel.