Steenhuisen wil leier wees

John Steenhuisen, wat pas as parlementêre leier van die opposisieparty verkies is, het bekend gemaak dat hy ook in die wedloop is om die DA se partyleier te word.

Met die verkiesing van Helen Zille as Federale voorsitter, sal dit ’n vreemde kombinasie wees as Steenhuisen die partyleier word.

Dit is bekend dat die Zille nie langs dieselfde vuur as hy sit nie, en in die verlede ernstige botsings gehad het.

Politieke ontleders reken sy verkiesing as leier kan verdere verdeeldheid in die DA meebring, en die chaos kan vererger met ’n uittog van swart ondersteuners.