Spaanse separatiste raak gewelddadig

In die sesde dag van Kataloniese separatiste se verset optog in die hoofstad van Katalonië, het Barcelona se strate van gedaante verander toe gewelddadigheid losgebars het.

Die separatisties het oor ’n lang tyd hulle verset optogte op vreedsame wyse gevoer, maar nadat hulle leiers tronkstraf opgelê is, het die aanslag verander.

 Duisende mense het die naweek in Barcelona se strate protes aangeteken wat gelei het tot brandende voorwerpe en geweld wat die stad ontsier het.

Jongmense, gedrapeer in Kataloniese vlae het egter vreedsaam protesteer deur met balle en springtoue deur die strate te beweeg, maar dit het later lelik geword toe protesteerders met brandende items die strate ontoeganklik gemaak het vir motoriste.

Toe die polisie intree om orde te herstel, het duisende studente hulle met eiers bestook en het hulle weens die groot getalle, uiteindelik “die geveg gewen”.