So val die staat se entiteite

Dit is nie net Eskom, SAA, die SABC en verskeie ander instansies van die staat wat bankrot is nie, want ook die Padongelukkefonds (POF) is tegnies bankrot.

Die Ouditeur-Generaal het die POF beskryf as ’n entiteit wat kommerwekkend funksioneer. Die POF is tot stand gebring om te kompenseer vir slagoffers van padongelukke en om bystand te verleen aan mense wat toekomstige behandelings moet ondergaan weens die ongeluk.

Die Fonds is afhanklik van die belasting wat op brandstof gehef word, en beloop sowat R260 miljard per jaar, maar die POF is diep in die rooi weens ’n tekort aan geld.

Kenners sê dit is onbegryplik dat so baie geld kan verdwyn en dat geen behoorlike en deursigtige finansiële stand vrygestel word nie.

Daarbenewens behoort eksterne ouditeure die uitbetalings na te gaan om te bepaal of dit volgens die neergelegde regulasies gedoen word.