Skotte streef na onafhanklikheid

Die Skotte het die stryd om onafhanklikheid nog nie laat vaar nie, en die jongste opmars van duisende Skotte, getuig van die ers waarmee die stryd gevoer word.

In die referendum van 2014 oor onafhanklikheid het slegs 45% van die stemgeregtigde kiesers hulle steun aan onafhanklikheid gegee.

In die 2016 referendum wat in die Verenigde Koninkryk gehou is oor uittrede uit die Europese Unie, het 62% van Skotland se kiesers ten gunste van voortgesette lidmaatskap gestem.

Die meerderheid in die Verenigde Koninkryk het egter met ’n klein meerderheid ten gunste  van uittrede gestem en daarna het al mer Skotte begin dink aan onafhanklikheid ten einde weer lid te word van die EU as onafhanklike land.

Die afgelope Saterdag het honderde duisende Skotte die strate van Edinburgh beset met vryheid slagspreuke en vlae om Skotse onafhanklikheid te vra.    

Die Skotse politici eis ook meer tyd en wetgewing om die Britse Eerste Minister te verhinder om sonder ooreenkoms uit te tree as lid van die Europese Unie.