Skotse premier voorspel Johnson val

Nicola Sturgeon

Die Skotse Eerste Minister, Nicola Sturgeon, het haar uitgespreek ten gunste van die omvêrwerping van Brittanje se Eerste Minister, Boris Johnson.

Sy voorspel dat ’n mosie van wantroue gaan Johnson se omstrede heerskappy in die Britse politiek, in die komende weke beëindig.

Sy sê die opposisiepartye moet net saam optree en daarmee ’n interim regering vorm tot ’n nuwe verkiesing aangekondig word.

Sy reken dat dit nie goed is dat Johnson in die Eerste Minister amp is nie,  veral met sy benadering oor Brexit wat nadele inhou vir Skotland.

Sturgeon is ook bekommerd dat Johnson die wet kan omseil met sy planne om op 31 Oktober uit die Europese Unie te tree, met of sonder ’n ooreenkoms.

Waarnemers wys daarop dat dit moontlik is dat Johnson ’n verkiesing gaan aankondig voor uittrede uit die EU, maar opposisiepartye het self ook ’n agenda om van Johnson ontslae te raak, en ’n mosie van wantroue kan dit moontlik maak.

Johnson het herhaaldelik beklemtoon dat sy regerende party te alle tye die wet sal eerbiedig, maar sommige opponente verwys na sy onwettige handeling deur die parlement te verdaag, wat hy daarna moes herstel.