Skotland is moeg vir Brexit stories

Nicola Sturgeon

Die aanhoudende praatjies en nuwe stories oor Brexit is nou genoeg vir die Skotse Nasionale Party en sy leier, Nicola Sturgeon, eis nou ’n referendum oor onafhanklikheid om nie meer deel van die Verenigde Koninkryk te wees nie.

Die Eerste Minister van Skotland sê sy is besig om die nodige prosedures te volg en versoek te rig tot die Britse premier, Boris Johnson, om ’n referendum te hou oor onafhanklikheid.

Sturgeon, wat reds vir die afgelope drie jaar daaraan werk om Skotland tot onafhanklikheid te lei ten einde weer lid van die Europese Unie te word, wil seker maak dat die land se kiesers in 2020 na die stembus kan gaan oor onafhanklikheid.