Skooldogter lei duisende in optog

Terwyl die wêreld se skoolkinders besig is met een na die ander massa optogte oor klimaatsverandering, het die aanvanklike inisieerder, Greta Thunberg, ’n optog in Kanada gelei met meer as 500,000 mense wat daaraan meegedoen het.

Die skoliere het onder die jong dogter se inisiatief, die Vrydag Beweging tot stand gebring wat wêreldwyd inslag gevind het en wat vra dat regerings nou moet optree teen klimaat veranderings wat die lewe op aarde bedreig.

Greta Thunberg se optog in die Kanadese stad Montreal het weer opnuut vuur aangeblaas in ander dele van die wêreld, en sy het reeds verskeie lande besoek waar sy groot optogte gelei het waaraan duisende skoolkinders deelgeneem het.

Verskeie oproepe is gedoen vanoor die wereld dat Greta Thunberg ’n Nobelprys verdien vir haar reuse bydrae om die gevaar van klimaatsverandering onder die wêreldleiers se aandag te bring.