Sjinese snelweg-brug stort neer

Minstens drie mense het omgekom en verskeie ander is beseer toe ’n besige hoofweg se oorbrug onverwags inmekaar getuimel het.

Die brug in die Jiangsu provinsie se ineenstorting het as ’n onvoorsiene ongeluk gekom aangesien geen strukturele krake vooraf waargeneem is nie.

Die brug wat ’n belangrike snelweg konstruksie is in die stad Wuxi het drie motors platgeval wat die onderste snelweg gebruik het. Die drie mense wat omgekom het, was elk in een van die voertuie.

Drie ander motors, en twee vragmotors wat op die hoofweg was, het na onder gestort toe die brug inmekaar val, maar die insittendes het slegs beserings opgedoen .

Die Minister van Vervoer het opdrag gegee dat die voorval ondersoek word.