Sjinese olieboor verlaat Vietnam water

Die Sjinese olieboor skip wat onwettig in die seegebied van Vietnam was vir sowat drie maande, het uiteindelik die gebied verlaat.

Sjinese woordvoerders sê die skip het navorsing gedoen maar meld nie enigiets oor die spanning wat dit in Vietnam veroorsaak het nie.

Die Sjinese maak ook nie die resultaat van hulle navorsing bekend nie, maar die vermoede bestaan dat hulle vasgestel het waar oliebronne gevind kan word.

Die skip het die Viëtnamese seegebied verlaat en vaar direk na die Sjinese Suidsee en ’n Sjinese hawe, maar onbeantwoorde vrae hang in die lug oor wat die eindresultaat is van die onwettige besoek in Vietnamese gebiedswaters.

Dit is bekend dat Sjina al die energieryke seegebied in die hele Sjinese Suidsee gebied ingepalm het wat strek van Maleisië, die Filippyne, Taiwan en nou in die Vietnam gebied.