Sjina wil aansluit by wapen akkoord

Sjina wil so spoedig moontlik inskakel by die Internasionale Wapen Ooreenkoms wat deur die VSA vroeër verwerp is.

Die Sjinese Minister van Buitelandse Sake het die naweek sy land se besluit bekend gemaak en bygevoeg dat die Sjina se verantwoordelikheid is as lid van die internasionale gemeenskap om deel te wees van die ooreenkoms.

Tot hede het 104 lande die internasionale wapen ooreenkoms onderteken wat deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in 2013 goedgekeur is.

Barack Obama het destyds die ooreenkoms onderteken, maar die Amerikaanse Senaat het nooit sy goedkeuring gegee vir ondertekening nie.

Die sogenaamde Wapen Handel Ooreenkoms het egter weinig van betekenis getoon en lande soos Duitsland en Amerika het onverstoord voortgegaan met grootskaalse wapen verkope.